Die One&Only Cape Town, wat in die sjiek Victoria & Alfred Waterfront geleë is en oor die hawe en Tafelberg uitkyk, is ’n rustige oase op die drumpel van energieke Kaapstad. One&Only Cape Town gee die toon aan met welstandsvakansies en sy eksklusiewe Spa-eiland, die befaamde restaurante, wat die ikoon Nobu insluit, en ’n reeks ervarings wat gaste die beste van Kaapstad wys. Ongeag of jy hier is om Kaapstad te verken, ’n romantiese wegbreek te hê of jou gesin wil bederf, One&Only Cape Town is die poort tot Kaapstad en het heeljaar baie te bied. 

Hierdie Paasfees sal One&Only Cape Town in ’n wonderland omskep word met lekker verrassings vir die hele gesin. Daar’s ’n Mad Hatter’s Tea Party en ’n spesiale Sondagmiddagete op Paassondag by een van die oord se besonderse restaurante, Ochre en Nobu. Vir die kinders wat hier eet, is daar spesiale vermaak soos ’n mini-dieretuin, paaseier-skattejag saam met die Paashaas en ’n Paasfees-piñata.

One&Only bied 'n spesiale klub waar kinders onder toesig van oordpersoneel aan speletjies en aktiwiteite kan deelneem. FOTO: verskaf

Vir gesinne wat oor die skoolvakansie hier wil kom ontspan, is daar die spesiale KidsOnly-geriewe, ’n spesiale klub waar kinders onder toesig van oordpersoneel aan speletjies en aktiwiteite kan deelneem sodat hulle ouers ’n bietjie alleentyd het. Vir die ouers kan wynproeë, joga op Tafelberg of soesji-klasse deur Nobu se vaardige sjefs gereël word.

Kom ontspan by die One&Only deur spa-behandelings te bespreek of net luilekker om die luukse swembad te lê. 

Danksy van die grootste gastekamers in die stad, neem One&Only Cape Town ontspanning na nuwe hoogtes sodat jy behoorlik in jou kamer kan rus. Kom eet ontbyt langs die pragtige kanaal of vertrek op ’n romantiese piekniek vir twee teen skemeraand. Gesinne kan ook prettige fliekaande in hul sitkamer geniet met springmielies en bordspeletjies. 

FOTO: verskaf
FOTO: verskaf

Maak gebruik van One Escape vir ’n onvergeetlike vakansie. Suid-Afrikaners kry bo en behalwe die spesiale tariewe ook 25% afslag op al hul kos en drank, sowel as ’n komplimentêre ontbyt. Kinders onder 12 bly en eet gratis!

Vir meer inligting besoek www.oneandonlyresorts.com