Kaapstad

Die Lady Hamilton-hotel is in ’n rustige straat in Tuine geleë, en ideaal om die stad, strande en res van die Boland te verken. Vanaf R548 per persoon per nag. 

Hermanus

Gaan stap op Grotto, eet seevis en loop kuier-kuier tussen die kunsgalerye. Verblyf in The Roundhouse vanaf R688 per persoon per nag. 

Richardsbaai

Gaan rus in KwaZulu-Natal. Verblyf in die Woodpecker Inn vanaf R925 per persoon per nag. 

Plettenbergbaai

Die Suid-Kaap en Tuinroete het baie om jou mee besig te hou. Bly in die Piesang Vallei Lodge vanaf R360 per persoon per nag.  

Bela-Bela

Die dorp het meer om te bied as die warmbaddens. Bly in the Elephant Springs-hotel vanaf R583 per persoon per nag. 

Stilbaai 

Beleef die rus en vrede van Stilbaai. Kom tot rus by Myrtles Retreat. Vanaf R695 per persoon per nag.