Die afgelope paar weke het kykers gesien hoe die wêreld van eiendomsagente in die Stad van Goud lyk en afspeel. Listing Jozi is SA se eerste realiteitsreeks wat afspeel tussen koop en verkoop, op BBC Lifestyle (DStv-kanaal 174). Die laaste episode wys vanaand om 20:00 - kykers kan egter die reeks op DStv Now se Catch Up kyk. 

Ons almal weet trou is nie perdekoop nie, nóg minder om jou eie huis te besit. Dis ’n besluit wat nie ligtelik gemaak moet word nie. 

SARIE het gevra vir Lara Nathan van Pam Golding, wat in dié BBC-reeks verskyn, om haar grootste wenke te deel.

Lara se ses wenke

Pam Golding-agent Lara Nathan. FOTO BBC Lifestyle

* Besluit vooraf in watter omgewing jy wil bly ... watter area gaan die beste werk vir jou en jou gesin se behoeftes. Hierdie gaan die soekproses vir huise aansienlik vereenvoudig.

* Koop altyd ’n huis wat ook jou toekomsplanne kan insluit, soos byvoorbeeld die uitbreiding van jul gesin. Jy gaan in die langtermyn meer waarde uit jou huis kry.

* Almal soek hul droomhuis, maar dis nie altyd moontlik om ’n regmerkie langs elke boksie te maak nie. Stel dus vir jouself  ’n lys van 10 elemente op wat jy graag in ’n huis soek, as jy minstens agt daarvan kan aftiek is jy op die regte spoor.

* Kopers kan pre-kwalifiseer vir ’n huislening. Hierdie is eintlik van groot waarde, jy weet wat jou begroting is en hoef dan net huise wat in daardie bedrag val te gaan besoek. 

* ONTHOU: Daar is dikwels versteekte en addisionele kostes, soos ’n kompleks se heffing of die oordragkoste. Hou dit in gedagte en reken dit by jou begroting. Jy kan jou agent ook vra om hierdie bedrae vir jou vroegtydig uit te lig. 

* Agente is daar om te help, nie om jou te verkul nie. ’n Agent verkoop ’n leefstyl, nie net ’n huis nie. ’n Verhouding van vertroue tussen jou en die agent is uiters noodsaaklik.

Hier is vyf wenke as jy jou huis wil verkoop

Kyk vanaand om 20:00 Listing Jozi op BBC Lifestyle (DStv-kanaal 174).