Het jy geweet vandag, ’n dag voor Valentynsdag, is dit Wêreldradiodag?
Dis iets waarna die meeste van ons elke dag luister: die nederige radio. Dalk skakel jy op jou gunsteling-ontbytprogram in om die tyd in die verkeer om te kry. Of hoor miskien net skrams ’n interessante nuusbrokkie in die supermark of luister na die weer terwyl jy by die haarkapper wag.
Maar in die era voor digitale speellyste en YouTube het mense ook graag voor die radio ingeskuif in die hoop om hul gunsteling-liedjie te hoor. Ons het die horlosie teruggedraai en vir ’n paar omroepers gevra watter liedjie húlle die meeste as tieners geniet het.
Elana Afrika-Bredenkamp (Jakaranda FM)
Liedjie: Tracey Chapman se "Fast Car"
Martelize Brink (RSG)
Liedjie: Lesley Fore se "It's My Party" en Eurythmics se "Sweet Dreams"
Tracey Lange (KFM)
Liedjie: Belinda Carlisle se "Heaven is a Place on Earth"
Renaldo Schwarp (Jakaranda FM)
Liedjie: Avril Lavigne se "Sk8er Boi" en "Complicated"
Sue Pyler (RSG)
Liedjie: Charles & Eddie "Would I lie to you"
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET