Henley en Partners se jaarlikse paspoortindeks lys na hoeveel lande elke land se mense sonder ’n visum mag reis. Vanjaar is Suid-Afrika 48ste op die lys met 91 lande wat Suid-Afrikaners sonder ’n visum kan besoek. Japan is nommer 1 op die lys met 190 lande waar hulle welkom is sonder om vooraf ’n stempel in hul paspoort te kry.

Toemaar, as Suid-Afrikaner kan jy steeds môre op die vliegtuig klim om dié lande te besoek:

Lus vir ’n vakansie op ’n Karibiese eiland?

Antigua en Barbuda, Bahamas, Barbados, Kaaimanseilande, Jamaika, St. Lucia

Of ’n tropiese vakansie rondom Afrika se kus?

Réunion, Seychelle, Mauritius, Madagaskar, Zanzibar

Wat van ’n safari in Afrika?

Botswana, Namibië, Mosambiek, Malawi, Kenia, Lesotho

Of ’n Suid-Amerikaanse avontuur?

Argentinië, Brasilië, Costa Rica, Peru

Lus vir ontspanning in die Ooste?

Thailand, Viëtnam, Kambodja, Sri Lanka, Indonesië, Singapoer, Nepal, Filippyne

Of ’n koue Kersfees in Europa?

Ierland, Kosowo

Lus vir ’n ontdekkingsreis deur die Midde-Ooste?

Jordanië, Katar, Israel, Georgië, Armenië

Raadpleeg die spesifieke land se webtuiste vir volledige inligting. Klik hier vir die volledige lys.

Of besoek een van ons pragtige vakansieplekke! Hier is die gewildstes.