Dis weer tyd vir die jaarlikse Nampo Oesdag, die opwindende landbouskou by Bothaville in die hartjie van die Vrystaat. En SARIE kuier saam!

Vanjaar is ’n spesiale jaar vir SARIE: Ons word 70! Ons dagboek is propvol opwindende projekte, soos ons Inspirasie-etes waar Herman viergang-maaltye kook, SARIE Voorbladgesig en meer.

Kom neem deel aan Netwerk24 se Vroueprogram en hoor wat inspireer ons by SARIE.

Elke dag tussen 14 en 17 Mei gaan Michélle, Herman en Fanie die tydskrif se geheime deel. Michélle gaan jou deur 70 jaar van inspirasie neem en oor die grootste tendense gesels. Fanie vertel meer oor SARIE se voorblaaie en Herman staan agter die kospotte en deel koswenke.

Die week se opwindende Vroueprogram:

Elke dag is uniek, moenie dit misloop nie.

Skryf dit neer:

Dinsdag 14 Mei om 11:30 kuier Michélle op die verhoog.

Woensdag 15 Mei om 10:30 gesels Michélle, Fanie en Herman op die verhoog oor SARIE- en SARIE KOS-voorblaaie.

Donderdag 16 Mei om 10:30 sit Michélle en Fanie aan Herman se kombuistafel en vra die vrae wat jy brand om te vra.

Vrydag 17 Mei kuier die SARIE-span vir oulaas saam op die verhoog. Dis ’n heerlike vraag-en-antwoord-sessie. 

Moenie van die SARIE-stalletjie vergeet nie:

Ons gaan soos altyd die mooiste handgemaakte produkte verkoop met allerlei SARIE-berderwe. Kom loer daagliks in, ons is by stalletjie 7 in die SAMPI-saal.

Wees deel van ons #SARIE70-vieringe deur op die spesiale aanbod in te teken.