Deel die somergees en bederf jouself of ’n geliefde met dít wat mooi is, lekker ruik en feestelik proe. Dié boks vol uitsoekbederwe is die perfekte verjaardag- of selfs bederf-jouself-geskenk.

1. Adene’s Farm Flowers se amarant-blomsaad in 4 kleure: Emerald Tassels, Love Lies Bleeding, Hot Biscuits en Autumn Touch. Jy sal twee van dié kleure ontvang.

2. Dié Christmas Candle Wrapper van Elsje Design is die perfekte versiering vir jou Kerstafel hierdie feesseisoen. Dit kom in swart, goud en ongekleurde karton – jy sal een van die kleure ontvang. 

3. Verfrissende geure van Turkse lekkers, kaneel en aarbei kan geproe word in Robertson Winery se nie-alkoholiese Dry Sparkling Pinkwine.

4. Wees slaggereed vir die vakansie met 3 splinternuwe leesboeke van NBUitgewers: Rooiborslaksman deur Marinda van Zyl, Donkerdrif deur Deon Meyer en Dik Dun Thick Thin deur Nataniël. 

5. MamaMac’s se tuisgemaakte brosbrood sonder preserveermiddels sorg vir ietsie soets.

6. Gatineau Peeling Expert Pro-Radiance Anti-Aging Gommage 75 ml verwyder sagkens dooie selletjies op die boonste laag van jou vel vir ’n gladder, egaliger tekstuur. 

7. Sothys Detox Energie Depolluting Youth Cream 15 ml verbeter jou vel se weerstand teen die omgewing en gee dit daardie hupstoot wat jy nodig het vir ’n stralende gelaat. 

8. NUXE BIO Organic Antioxidant Serum 5 ml is ’n antioksidantryke serum met chiasaad-ekstrak en vitamien C. Dit beskerm jou vel daagliks teen eksterne faktore sodat jou vel langer jonk bly. 

9. Diego dalla Palma Micellar Cleansing Milk 50 ml verwyder gesig- en ooggrimering sagkens, terwyl dit ook jou vel bevog.

10. NUXE Exfoliating Insta-Masque 15 ml met strelende rooswater en makadamia-olie skilfer jou vel liggies af om dit te verhelder.

Hierdie boks is beskikbaar vir bestelling op To Be Gift Boxes se webtuiste. Dit sal in ooreenstemming met coronavirusregulasies afgelewer word. tobegiftboxes.com

ONTHOU: SLEGS 50 BOKSE beskikbaar ter waarde van R2 504,50 – jy betaal R1 170, aflewering ingesluit