1. Floral Street

Dié Britse reeks het pas in SA sy buiging gemaak. Buiten bestanddele wat eties verkry word, is die sjiek boks waarin elk van die 10 blomgeure verpak word, gemaak van herwinbare, bio-afbreekbare papierpulp. Die ink het ’n groente- of sojabasis. Beskikbaar by Woolworths.

Floral Street Iris Goddess (R1 355 vir 50 ml EDP)

2. Urban Veda

Dié interessante velsorgreeks is geskoei op Ayurvediese beginsels (’n vorm van holistiese geneeskunde) en die krag van aromaterapie. Daar’s ’n uitgebreide reeks vegetariese produkte vir elke veltipe, elk met ’n unieke mengsel van essensiële olies as geur en natuurlike aktiewe bestanddele. By Dis-Chem en urbanveda.co.za

Urban Veda-velsorgreeks (pryse vanaf R180)

3. CATRICE

Wanneer dit kom by volhoubare grimering, is CATRICE ’n voorloper. Dié nuwe onderlaag is veganisties en bevat hialuronsuur en waatlemoensaadolie om jou vel te voed en bevog, terwyl dit steeds ’n stralende matafwerking bied wat heeldag sal hou. By Dis-Chem, Takealot, Zando, SkinMiles, Superbalist en houseofcosmetics.co.za

CATRICE True Skin Hydrating Foundation (R170)

4. Zero

Om hul impak op die aarde so klein as moontlik te hou spog dié bekroonde velsorgreeks met eenvoudige bestanddelelyste en sagte botaniese formules asook plastiekvrye verpakkingsmateriaal wat onder meer bamboesdeksels en buisies gemaak van suikerriet insluit.

By uitsoektakke van Dis-Chem en Foschini Zero-velsorgreeks (pryse vanaf R299)

5. The Natural

Hierdie nuwe plaaslike velsorgreeks vir alle veltipes is uniseks en span organies-gekweekte plantbestanddele van Afrika, soos aalwyn, duiwelsklou en jojoba-olie, saam met goed nagevorste aktiewe bestanddele in om jou vel gesond en bevog te hou.

By Wellness Warehouse en faithful-to-nature.co.za The Natural Serum Ultra Hydrating Active Aloe Boost (R588)

6. Lush

Lush is een van die grootste voorstanders van Hul splinternuwe lipstiffies word verpak in Lush Lipstick Refill (R185) en Refi llable Lipstick Case (R120) sogenaamde “kaal” produkte: skoonheidsprodukte in ’n stafi evorm wat min tot geen verpakking nodig het nie. ’n bio-afbreekbare waks sodat jy maklik die stafi e in een van jou ou lipstiffiekassies kan sit. Daarby bied hulle ook hervulbare lipsti ekassies gemaak van herwinbare metaal en met ’n elegante vintageontwerp.

By Lush-winkels landwyd of za.lush.com

7. African Extracts Rooibos

Dié trots SA maatskappy vervaardig al meer as 15 jaar vel- en lyfprodukte met natuurlike formules. Die kernbestanddeel, groen rooibosteeblare, word organies en volhoubaar gekweek. En omdat elke produk plaaslik in Kaapstad vervaardig word, dra hulle by tot die bevordering van die land se ekonomie en werkskepping.

Het jy geweet?

Die African Extracts Rooibos Classic Moisturising Day Cream SPF 15 (R73) is die topverkoper-vogroom in SA!

8. L’Oreal Paris

As een van die grootste skoonheidshuise ter wêreld het L’Oreal Paris vanjaar ’n ambisieuse volhoubaarheidsplan bekend gestel: Hulle het hulself daartoe verbind om teen 2030 die koolstofvoetspoor vir elke produk wat hulle vervaardig, met die helfte te verminder. Een van die maniere waarop dít gedoen gaan word is deur hul glasverpakkings ligter te maak sodat minder materiaal benodig word vir die vervaardiging en sodat vervoer meer optimaal geskied.

Die gewig van die glaspotjie van L’Oreal Paris se gewilde vogroom Revitalift Laser Renew (R327) is reeds met 11 g verminder en binnekort in SA beskikbaar.

9. Jordan Green Clean

Die maatskappy Jordan se Green Clean-tandeborsels poog om die impak te verminder wat dié alledaagse noodsaaklike item op die omgewing het – en dit wil lyk asof hulle dit regkry! Die tandeborsels se handvatsels is gemaak van 100% herwinde en herwinbare plastiek, die borselhare is van ’n spesiale nylon wat van hernubare kasterolie-plante afkomstig is, en in stede van plastiek word elke tandeborsel in ’n houer van herwinde karton verpak.

By Clicks en Dis-Chem Jordan Green Clean Toothbrush (R35)

10. Indola

Ook produkte vir jou haarroetine kan volhoubaar wees. Indola se nuwe Act Now-haarsorg- en -stileringsprodukte bevat plantgebaseerde formules om die impak te verminder wat die produkte op waterbronne het sodra dit afgewas word.

By uitsoeksalonne Indola Act Now Color Shampoo (R260) en Setting Spray (R290)