1 GEBRUIK ’N BASISLAAG . . .

voordat jy jou onderlaag aanwend. Kies ’n produk wat by jou veltipe pas.

2 DIE REGTE ONDERLAAG

Kies een wat nie maklik afvee nie, blinkheid in toom hou en ’n stralende mat-afwerking het. Woorde soos “longwearing”, “oil control” en “luminous matte” sal op die verpakking staan.

3 SET VIR DIE DAG

Rond jou grimering soggens af met ’n gesigsproei spesifi ek ontwikkel om jou grimering in plek te hou (settingspray).

SARIE-skoonheidspan se wenk

Om tyd en moeite te bespaar, wees op die uitkyk vir veeldoelige produkte met ’n romerige formule wat jy met jou vingers kan aanwend.