Die geheim is egter om ’n skakering van rooi te kies wat jou gelaat die beste komplementeer. In ’n mediaverklaring sê SA se Glam Guru, Hannon Bothma, dat jy jou instink moet volg en die skakering moet dra wat jou op jou mooiste laat voel.
Moenie bang wees om verskillende skakerings te dra nie. Daar is wel pragtige skakerings wat jou gelaat beter sal pas en verhelder as ander.
’n Ligte vel is geneig om ’n effense pienk ondertoon te hê. Kies daarom ’n rooi lipstiffie met ’n koel ondertoon. Dít sal jou gelaat verhelder.