Die 70ste Emmy-toekennings het Maandagaand plaasgevind, by dié glansgeleentheid word TV-sterre vereer.

Bekendes se grimering en hare was glansend met warm ondertone, gepas vir die einde van somer en die begin van herfs in Amerika. Die SARIE-Skoonheidspan is gaande oor die warmer grimeer-skakerings wat van die bekendes se voorkomste afgerond het. ’n Foutlose gelaat waar die fokuspunte (oë, wangbene of lippe) met brons- en oranje skakerings beklemtoon is. Dit skep ’n stralende en jeugdige voorkoms wat perfek vir ons lente en somer is.

Om dié grimeer-voorkoms te skep is dit belangrik om jou grimering neutraal en eenvoudig te hou.

Hier's 'n paar wenke:

- Kies ’n fokuspunt waar jy warmer skakerings kan inwerk, hetsy jou oë, wangbene of lippe.

- Kies brons-, oranje-, goud en rooi skakerings met ’n metaalafwerking.

- Rond jou voorkoms af met verligter om jou gelaat nog meer te laat uitstaan. 

Só is die voorkoms op die rooi tapyt gedra:

Mandy Moore

FOTO: Instagram/@mandymoore

FOTO: Getty / Gallo Images

Sadie Sink

FOTO: Getty / Gallo Images
FOTO: Getty / Gallo Images

Emilia Clarke

FOTO: Getty / Gallo Images
FOTO: Getty / Gallo Images

Elisabeth Moss

FOTO: Getty / Gallo Images
FOTO: Getty / Gallo Images

Tracee Ellis Ross

FOTO: Getty / Gallo Images
FOTO: Getty / Gallo Images

Tatiana Maslany

FOTO: Getty / Gallo Images
FOTO: Getty / Gallo Images

Yara Shahidi

FOTO: Getty / Gallo Images
FOTO: Getty / Gallo Images

Chrissy Teigen

FOTO: Getty / Gallo Images
FOTO: Getty / Gallo Images

Scarlett Johansson 

FOTO: Getty / Gallo Images
FOTO: Getty / Gallo Images