Die Metropolitan Museum of Art se jaarlikse kostuumbal het gisteraand in New York plaasgevind. Die MET-gala word beskou as die Oscars van die modewêreld en het elke jaar ’n ander tema waarvolgens gaste moet aantrek. Dit sorg altyd vir interessante mode- en skoonheidsvoorkomste op die rooi tapyt.

Vanjaar se tema was Hemelse liggame: mode en die Katolieke verbeelding. Baie bekendes het ’n dramatiese oog-voorkoms saam met hul blink uitrustings gedra. Goue en silwer oogskadu-skakerings was veral gewild en ons voorspel dit gaan dié seisoen ’n groot grimeer-trend wees.

Dié bekendes se grimering was vir ons die mooiste:

Gigi Hadid

Ons is mal oor die model se goue oogskadu-voorkoms. Dis interessant sonder om té oordadig te lyk.

Lily Collins

Die aktrise het met fyn groen blinker-steentjies onder haar oë gespog en ’n enkele rooi traan.

Zendaya

Silwer was die aand ’n gewilde kleur vir oë. Probeer ’n silwer oogomlyner soos dié sangeres.

Blake Lively

Om by haar weelderige Versace-rok te pas het die aktrise wynrooi rokerige oë gedra met subtiele goue aksente.

Emilia Clarke

Ons hou van die dramatiese pienk blos-voorkoms waarmee die Game of Thrones-ster gespog het.

Emilia Clarke attends the #MetGala2018 ??

A post shared by Game of Thrones (@gameofthronesnotofficial) on