Ons almal ken die basiese reëls van grimering. Tog is dit nie altyd so maklik om dit op so 'n manier aan te wend dat jou voorkoms afgerond, professioneel én natuurlik lyk nie. Daarom skop ons vanjaar SARIE Mooi Vir Jou af ...

Sluit op Saterdag 12 Junie by SARIE aan vir ’n grimeerwerkswinkel, aangebied in samewerking met Catrice Cosmetics.

Die bekroonde grimeerkunstenaar, "Skoonlief Beauty" en SARIE se skoonheidsredakteur, Monica van der Walt, kom wys jou hoe jy produkte wat jy reeds het beter kan benut – én hoe om ’n paar splinternuwes baas te raak. Ja, jy lees reg, elke deelnemer word met ’n wegspring-grimeersakkie bederf!

Maar opskud, daar is beperkte plekke oor. Buiten die werkswinkel, kry jy teen R1 750 ook grimering, heerlike versnaperings en ’n vonkelwyn-middagete. Die geleentheid vind by die Loch Lynne-wynlandgoed in Durbanville, Kaapstad, plaas.

Wonder jy wat in jou wegspringsakkie kom?

Hier onder is 'n voorsmakie van die grimering wat onder andere in dié sakkie kom!

Bespreek vandag nog

Datum: 12 Junie 2021

Plek: Loch Lynne Wynlandgoed, Durbanville

Koste: R1 750

Besprekings: Kontak Anéne by anene.deklerk@media24.com

*Geen kursusgangers onder 18 of steeds op skool nie