SARIE se grimering- en skoonheidsdag is hier!

akkreditasie
#SARIEmooivirjou
#SARIEmooivirjou
Mari Conradie gaan jou leer om jou eie grimering reg aan te wend, 'n wegspringsakkie met grimering van GOSH wag en African Extracts gaan jou help om jou skoonheidsroetine te verfyn.

Wil jy graag leer hoe om jou eie grimering reg aan te wend en jou vel te versorg? Raak jy ook gefrustreerd as jy video’s kyk en artikels lees vir raad en dan reageer jou vel anders of jy lyk vreemd vir jouself?

SARIE span saam met die grimeerhandelsmerk Gosh en die velsorgreeks African Extracts Rooibos om ons te kom leer.

PLUS, bekende grimeerkunstenaar Mari Conradie kom wys jou persoonlik presies hoe jy die produkte benut wat jy reeds het asook hoe om jou nuwe produkte te gebruik.

Ja, jy lees reg, ons gaan jou bederf met die perfekte wegspringsakkie!

Bespreek nou – daar is net plek vir 20!

Datum: 12 September

Koste: R1 750

Plek: Gorgeous George Hotel se White Room, Kaapstad Vir besprekings en meer inligting, kontak Anéne by anene.deklerk@media24.com.

*Geen kursusgangers onder 18 of in skool nie.

JONGSTE UITGAWE

Maart/April 2022

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees