Die voormalige kinderster Hilary Duff het eens voor Vogue se kameras stap vir stap haar velsorgroetine en grimering gedoen terwyl sy oulike wenke vir besige ma’s deel. Hilary is ook ’n werkende ma van twee. Sy weet hoe om die paar minute wat sy soggens vir haarself het, effektief in te span om op haar beste te lyk. “Dit moet lyk asof ek tyd gehad om ekstra moeite te doen,” sê sy.
Dis belangrik om nie jou velsorg af te skeep nie. Wend minstens vogroom, oogroom, en/of sonskerm aan. Hilary wend die orige oogroom aan haar vingers op die lyntjies by haar neus en bolip aan.