Ongeag die instelling na vlak 3 van inperking, werk baie van ons nog van die huis af. In hierdie vreemde tyd het jy dalk goed begin en soggens ’n punt daarvan gemaak om jou hare mooi te stileer en netjies aan te trek.
Tog het baie van ons so effens begin moed opgee en het ons voorkoms daaronder begin ly. As jy moeite met jouself doen, sal jy beter oor jouself voel. Dít spoel oor in hoe produktief jy is en alles anders wat jy deur die loop van die dag aanpak.
So groet maar vir eers daai rowwe bolla, want daar is wel ander min-moeite haarstyle wat jou op jou beste gaan laat lyk en voel.