Haarwasdae kan nogal uitputtend wees as jy jou haardroër moet inspan om jou hare droog te blaas en mooi te stileer. Ons is almal dankbaar vir die dae wat ons nie op ons beste hoef te lyk nie en ons hare kans kan gee om sommer vanself droog te word.
Maar volgens ’n mediaverklaring van ghd rig die regte haardroër minder skade aan as om jou hare natuurlik te laat droog word.
“Wanneer jou hare nat is, swel die haarvesels op en word dit swakker. Daarom impliseer verlengde blootstelling aan water dat jou hare makliker beskadig kan word,” lui die verklaring. Die swelling plaas ekstra druk op die delikate haarproteïene, die boustene van jou hare.