Die Beauty and the Beast-ster Emma Watson is nie net slim, suksesvol en beeldskoon nie. Sy is ook die bekende met die gewildste hare vir 2017!
Pinterest het onlangs as deel van hul heel eerste Best of Pinterest UK-toekennings ’n lys saamgestel van die grootste skoonheids- en mode-tendense vir die jaar, berig Harper's Bazaar. En onder die bekendes is die Britse aktrise se hare en haarstyle bo-aan die lys van wat die meeste op dié sosialefotonetwerk gesoek word.
Ons is glad nie verbaas nie! Emma het al verskeie style gedra: van die kort pixie tot die gewilde lob. Watter een is jou gunsteling?
Reguit hare
Pixie-styl
Lob
Sagte romantiese opstyl
Faux bob
'n Sagte krul
'n Kuif
Bob
Romantiese vlegsel
Bokstertjies
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET