En die wenner is ... Natasha Luiters van Gauteng!

Hier was haar motivering, wat Junior oortuig het om haar te kies:

“Soos daardie twee dinosourusse wat te laat by die Ark uitgekom het, het ek nie die paal gehaal om my laaste 10 foelie-ligstrepies voor 27 Maart 2020 in my akker in te ets. Ek was wel die hoofkarakter in ’n oorversekerde verwerking van "Homebré". Ná daardie swanesang het ek ondergronds gegaan met ’n skakering wat alles behalwe die “mocha-midnight” op die kleursel-boks komplimenteer ... katte, vampiere en mede-kollegas het gespaander in my aanwesigheid. Ek het begin resoneer met die effek van die pandemie asook die einde van ’n hoofstuk in my persoonlike lewe. Alles probeer neutraal en stabiel hou. So, ná vier maande is ek terug met ’n (on)stabiele skakering van "veldmuis". Ek probeer ook my hare laat groei en dit vat laaaaank. Aan die pluspunt: Die kondisie van my hare is heel goed, maar verder sê niks meer. Ek kort intervensie, Junior!”

Toe Natasha uitvind sy is een van Junior se Top-10 het sy dadelik laat weet dat sy intussen uit pure desperaatheid na bokskleur gegryp het. Dit was ’n fout ... ’n groot fout, bieg Natasha. Veldmuis is nou skielik vlermuis. “Nodeloos om te sê: Morticia Addams het binnekort ’n duppelganger,” het sy aan SARIE.com verklap.

Gelukkig is sy nou in Junior se hande – hy is reg vir enige uitdaging. Intervensie, ingryping is op pad, Natasha!

Die Suid-Afrikaanse aktrise Kim Engelbrecht, wat deesdae in Los Angeles woon en werk, het ook al in Junior se stoel kom sit. FOTO Instagram / Charles Junior Louw

Die haartransformasie sluit ook pryse in van ...

– Haarverlengings van Seamless1®sa International (R15 594)

– Dyson Supersonic-haardroër (R6 999)

– Junior se volkleur-oormaaksessie  (R6 500)

– Verblyf vir twee nagte by die VinBoHo-gastehuis in Kaapstad (R3 700)

– Wella-haarsorgprodukte ter waarde van R1 500

– ’n Fotosessie met fotograaf SJ van Zyl ter waarde van R4 500

– Hannon-velsorgprodukte ter waarde van R2 500

– Inoar-haarsorgprodukte ter waarde van R1 280

– Botox ter waarde van R850

– Retoer-vliegtuigkaartjies (indien jy nie in die Kaapstad-omgewing woon nie) 

Hou SARIE.com dop om die finale transformasie van Natasha te aanskou.