1. Oeps, die opknapper!

Jy gebruik heel waarskynlik jou opknapper verkeerd. Die fout? Om jou opknapper op sopnat hare te gebruik. Jy is eintlik veronderstel om jou hare eers met ’n handdoek droog te vryf en dan die opknapper aan te wend, verduidelik Junior. Eers dan kan die produk behoorlik sy werk doen.

 

2. Verkeerde produkte

As jy nie die regte produkte gebruik nie, kan dit jou kopvel droog, olierig en swaar maak. “Jy moet jou hare verstaan,” sê Junior.

 

3. Onderhou nie jou kleur

Hierdie geld veral vir ‘blondines’: As jy jou hare blond wil kleur, moet jy bereid wees om dit gereeld te onderhou en te ware te ‘diens’.

 

4. Vergeet van die beskermer

Wend nie ’n beskermer aan voor jy hitte op jou hare gebruik nie. “Dis vir my die belangrikste produk wat jy kan besit naas ’n sjampoe en opknapper.”

Red, my hare Junior!

Junior se benadering is eenvoudig: Hy kyk wie jy is (hart, siel, mens) en besluit dan wat vir jou gaan werk. Die resultaat? ’n Kapsel wat die koppe gaan laat draai en jou soos ’n splinternuwe mens laat voel.

In die VIA-leefstylprogram Red my hare, Junior! pas die gesogte en bekroonde haarkapper Charles Junior Louw dié benadering week ná week toe.

Die laaste episode van Red my hare, Junior word volgende Dinsdag, 13 April, om 18:30 uitgesaai. 

Elke deelnemer het hom iets geleer ... hy vertel meer:

Wilna Maass

FOTO Verskaf deur VIA

Wat het hy geleer? Om meer te lag.

Marietjie van Wyk

FOTO VIA

Wat het hy geleer? Sy het bietjie huis en familie in sy lewe teruggebring.

Né-Ray Lubbe

FOTO VIA

Wat het hy geleer? Jy moet die lewegeniet.

Nadia Pietersen

FOTO VIA

Wat het hy geleer? Om meer empaties te wees en die sagter kant ook te wys.

Hajiera Arnolds

FOTO VIA

Wat het hy geleer? Hajiera het hom geleer dat sy nog altyd grys wou wees en dit omarm het.

Lisa Wittels

FOTO VIA

Wat het hy geleer? Die lewe is nie altyd wat mens wil hê nie, maar jy kan sterk genoeg wees.

Carmen Prins

FOTO Verskaf

Wat het hy geleer? Maak van suurlemoen altyd limonade.

Yanic Clue

FOTO VIA

Wat het hy geleer? Yanik het hom geleer van liefdadigheid en waar hy hand kan insit, waar dit nodig is.