Haarinspirasie was die afgelope jaar en ’n half amper so skaars soos hoendertande. Ons lewe in uitdagende tye waar iets soos ’n nuwe haarkleur- en snit glad nie oorweldigend op sosiale media te sien was nie.

Met die afskop van die inentingsprogramme hier in Suid-Afrika voel dit asof daar weer hoop is en ons sien dit beslis op sosiale media raak. Plaaslike- en internasionale bekendes spog met opwindende haarstyle wat ons óók inspireer om aan ons haarkapper se deur te gaan klop.

Kyk net hier:

1. Rolene Strauss

FOTO Instagram / Rolene Strauss

Rolene se hare is ekstra donker gekleur met ’n natuurlike balayage voorkoms van sjokolade en karamel.

2. Minki van der Westhuizen

FOTO Instagram / Minki van der Westhuizen

Haar hare het nou lekker lengte te danke aan haarverlengings. Lees meer oor haarverlengings hier.

3. Nicole Fortuin

FOTO Instagram / Nicole Fortuin

Kyk net hoe mooi lyk Nicole met ligter hare, dit pas haar beslis.

4. Greteli Fincham

FOTO Instagram / Kuns Miss

Ons is gaande oor Greteli se prettige bob-haarstyl met lekker tekstuur.

5. Marciel Hopkins

FOTO Instagram / Marciel Hopkins

Wat is dan nou meer gepas as pragtige sjokolade lokke vir winter?

6. Liesl Laurie

FOTO Instagram / Liesl Laurie

Dié kort kapsel met krulle skep treffende volume.

7. Mandy Moore

FOTO Instagram / Mandy Moore

 Ons het haar met blonde hare leer ken, dié aarbeiblond skakering bly in die kol.

8. Gabrielle Union

FOTO Instagram / Gabrielle Union

Haar natuurlike krulle lyk prentjiemooi by die korter pixie-haarstyl.

9. Lucy Hale

FOTO Instagram / Lucy Hale

Lucy verander gereeld haar hare. Sy het haar donker lokke vir ’n aarbeiblond skakering verruil.

10. Andie MacDowell

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

Andie dra haar natuurlike gryshare met trots en ons is gaande daaroor. Kyk net hoe mooi het sy by die Cannes-rolprentfees gelyk.