Jennifer Lawrence se mooiste krulle: Kry dit só

akkreditasie
FOTO: Instagram (@niwaka_collections)
FOTO: Instagram (@niwaka_collections)

Soos altyd het Hollywood-bekendes ons gisteraand by die jaarlikse Oscar-toekennings bederf met die mooiste hare en grimering. Een van ons gunsteling-haarstyle van die aand was beslis die aktrise Jennifer Lawrence se volumeryke krulle. Haar groot, effe deurmekaar krulle het gemaklik dog elegant gelyk danksy die middelpaadjie wat haar haarstileerder van die aand, Jenny Cho, geskep het.

Jennifer het haar krulle gekomplementeer met ’n oranje-rooi lipstiffie en intense rokerige oë met subtiele goue blinkers by.

Kry dit só:

Gelukkig is dit nie te moeilik om Jennifer se krulle self te skep nie. Gebruik ’n krultang of haaryster en golf jou hare grofweg. Krap dit dan liggies met jou vingers deurmekaar en spuit ’n haarsproei aan wat volume en tekstuur aan jou hare gee.

Wenk:

Dié krulle is perfek vir langer, fyn hare omdat dit jou hare tekstuur gee en so voller laat lyk. Net ’n paar golwe kan al klaar ’n verskil maak.

JONGSTE UITGAWE

NOVEMBER/DESEMBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees