’n Japannese babadogtertjie het die internet aan die gons. Baba Chanco is maar een jaar oud, maar het reeds ’n advertensieveldtog vir die haarsorgreeks Pantene losgeslaan. Ons kan heeltemal verstaan hoekom.
Sy het die mooiste dik bos hare. Dis selde dat kinders op só ’n jong ouderdom ’n kop vol hare het. Die adverteerders het haar raakgesien nadat haar ma vir haar ’n Instagram-profiel geskep het.