Die lob (of lang bob) was in 2018 supergewild. Dié haarstyl is ideaal vir diegene wat hul hare korter wil dra, maar steeds lengte wil hê. Nou is die nuutste haar-tendens om jou hare nóg korter te sny.
As daar nou een persoon is wat nie bang is om gereeld haar haarstyl te verander nie, is dit die aktrise Leandie du Randt. Sy het gister ’n Instagram-foto van haar met haar korter hare gedeel. Sy het haar hare die afgelope tyd in ’n lob gedra en met verlengings afgewissel vir 'n pragtige, welige voorkoms. Sy het dit nou korter in 'n stomp bob laat sny.
Ons is gaande oor Leandie se nuwe voorkoms, dis perfek vir as jy jou hare korter wil dra, maar steeds wil kan vasmaak of met krulle stileer. Dit lyk of korter haarstyle hier is om te bly. Ook Mandy Moore, Minki van der Westhuizen, Charlize Theron en Emilia Clarke het onlangs hul hare in ’n bob gesny. Lees die artikel hier.
VOOR
NA
Dra dit só:
Die stomp bob is vars en modern en lyk supersjiek. Boonop gee die snit volume aan fyner hare.
Stileer jou bob deur jou hare glad uit te blaas en dit met ’n bietjie glanssproei af te rond. Jy kan selfs ’n krultang gebruik om strandgolwe te skep. Sorg dat dit deur die dag mooi bly deur haarsproei aan te wend.
Daar is nog ’n magdom maniere waarop jy jou bob kan dra.
Kyk net hier:
Twee van SARIE se Voorbladgesigwenners het met hierdie gewilde haarstyl op die voorblad gepronk. Beide Tana Ferreira (2012) én Carlize Earle (2015) het die bob-haarstyl gedra.
Ster-inspirasie:
Minki van der Westhuizen
Irina Shayk
Khloe Kardashian
Vanessa Hudgens
Alison Brie
Olivia Culpo
Rachel McAdams
Skryf nou in!
Die soektog vir SARIE se Voorbladgesig 2019 het amptelik begin! Skryf in, benoem iemand en stem.
Klik hier om deel te wees van die Voorbladgesig-reis.
SARIE Voorbladgesig in trotse samewerking met INOAR, Kalahari en Isa Carstens Akademie