Foutlose krulle wat hóú bly ’n raaisel. Óf die krulle lyk te opgesmuk en onnatuurlik óf dit verdwyn deur die loop van die dag.
Die SARIE-skoonheidspan het al verskeie kere wenke gedeel om dié haarvoorkoms te bemeester, maar die nuutste truuk hieroor op sosiale media sou ons nooit kon raai nie …
Dit behels dat jy jou kamerjas se belt inspan! Op TikTok deel vroue hoe jy die tegniek baasraak en die eindresultaat is omtrent belowend.