Die vierde seisoen van die Netflix-reeks The Crown is in November vrygestel. Dié gewilde dramareeks is bekend daarvoor om lynreg al die belangrike geskiedkundige gebeure van die Windsors te vertel. Sedert die vierde seisoen waar die romantiese verhaal van prins Charles en prinses Diana ontvou, is alle oë nou nóg meer op die Britse monargie gerig.
En net soos in die 80’s en 90’s, steel prinses Di (Emma Corrin) harte. Kyk jy op sosiale media, is dit asof daar weer ’n herlewing van haar onthou-oomblikke, ikoniese uitrustings en gewilde haarstyle. Daar is veral drie prinses Di-haarstyle wat nou weer gewild raak!
1. Netjiese bob-haarstyl
Dié sjiek haarvoorkoms het haar gesig pragtig geraam. Haar haarpunte was effens inwaarts gestileer en agter haar ore gedra.
2. Lang pixie-haarsnit
Die haarstyl is opwindend en veelsydig. Dit word effens langer bo-op die kroon en by die kuif gedra. Só kan die styl moeiteloos op verskeie maniere gestileer word.
3. ‘Shag’-haarstyl
Tydens die sewentigs het die shag koning gekraai. En dit maak sin, prinses Diana het die einste haarstyl gedra toe sy en prins Charles begin uitgaan het. Die styl word aan baie lae en ’n kuif met baie tekstuur geken. En dis veral hierdie haarsnit wat Diana in seisoen 4 van The Crown dra.
Bronne: www.newbeauty.com, www.harpersbazaar.com
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET