* Die storie het oorspronklik op 5 November 2018 verskyn:

Volg dié stap-vir-stap-wenke om die hertogin se kenmerkende lae bolla te skep.

Die hertogin van Sussex, Meghan Markle, het met haar en prins Harry se ampsbesoek aan Australië, Nieu-Seeland en die eilande Tonga en Fidji die koppe laat draai. Nie net met haar stylvolle uitrustings nie, maar ook haar lieflike hare. 

Haarstilis George Northwood het die koninklike egpaar op die 16 dae lange toer vergesel. Dis te danke aan hom dat Meghan se hare elke dag so afgerond gelyk het. Sy het van ’n gladde poniestert en los krulle tot haar kenmerkende lae bolla wat effe los en onnet voorkom, gedra. 

View this post on Instagram

Harry and Meghan at the Invictus Games in Sydney, Australia - closing ceremony @meghanmarkle_official #meghanmarkle #meghanmarklestyle #rachelzane #royalfamily #dutchessofsussex #harryandmeghan #meghanandharry

A post shared by Meghan Markle ?? (@meghanmarkle_official) on

Die SARIE-skoonheidspan het gaan uitvind hoe om die voorkoms self te skep.

Volg dié stappe:

1. Jou hare moet in effense lae gesny wees wat jou gesig mooi raam.

2. Spuit haarsproei liggies oor jou hare.

3. Maak jou hare met ’n neutrale kleur haarrekkie in ’n lae poniestert vas.

4. Spuit ’n mediumsterk haarsproei oor jou poniestert. Dit sal jou help om jou hare te stileer en nie te hard te laat voel nie.

5. Verdeel jou poniestert in twee gedeeltes en draai dit om mekaar.

6. Draai jou hare in ’n bolla en steek dit met knippies vas.

7. Trek nou aan die bolla om daardie effense onnet voorkoms te skep.

8. Gebruik ’n krultang om die losgetrekte haartjies rondom jou gesig mooi te laat val.

Kyk die video hier:

 

Die hertog en hertogin het 76 geleenthede oor die 16 dae bygewoon. Dit beteken Meghan het tot drie, vier keer per dag haar uitrusting én haarstyl verander!

Hier is ’n oorsig van haar glans-oomblikke:

Dag 1 in Australië

FOTO: Getty Images / Gallo Images
FOTO: Getty Images / Gallo Images

Dag 2 in Australië

FOTO: Getty Images / Gallo Images

Dag 3 in Australië

FOTO: Getty Images / Gallo Images

Dag 4 in Australië

FOTO: Getty Images / Gallo Images
FOTO: Getty Images / Gallo Images

Dag 5 in Australië

FOTO: Getty Images / Gallo Images
FOTO: Getty Images / Gallo Images

Dag 6 in Australië

FOTO: Getty Images / Gallo Images

Dag 7 in Australië

FOTO: Getty Images / Gallo Images

Dag 8 in Australië

FOTO: Getty Images / Gallo Images

Dag 9 in Australië

FOTO: Getty Images / Gallo Images
FOTO: Getty Images / Gallo Images

Dag 10 in Australië

FOTO: Getty Images / Gallo Images

Dag 1 op Tonga

FOTO: Getty Images / Gallo Images
FOTO: Getty Images / Gallo Images

Dag 2 op Tonga

FOTO: Getty Images / Gallo Images
FOTO: Getty Images / Gallo Images

Dag 1 op Fidji

FOTO: Getty Images / Gallo Images
FOTO: Getty Images / Gallo Images

Dag 2 op Fidji

FOTO: Getty Images / Gallo Images
FOTO: Getty Images / Gallo Images

Dag 3 op Fidji

FOTO: Getty Images / Gallo Images

Dag 1 in Nieu-Seeland

FOTO: Getty Images / Gallo Images

FOTO: Getty Images / Gallo Images

Dag 2 in Nieu-Seeland

FOTO: Getty Images / Gallo Images
FOTO: Getty Images / Gallo Images

Dag 3 in Nieu-Seeland

FOTO: Getty Images / Gallo Images
FOTO: Getty Images / Gallo Images

Bronne: www.instyle.comwww.harpersbazaar.com