Vir talle Suidooster-aanhangers voel Vashti Prins al soos familie, want weeksaande vertolk sy die rol van Danni, ’n ambisieuse krulkop, in die fiktiewe Kaapse woonbuurt, Ruiterbosch. En ja, hulle is soos vinkel en koljander. “Ons is eintlik baie dieselfde ...behalwe, ek flirt en soen meer!” het sy skertsend in ’n vorige onderhoud verklap.

Om in ’n sepie te speel bly ’n kreatiewe uitdaging en is steeds iets waarop Vashti as aktrise floreer. En die kersie op die koek? “Om ’n splinternuwe uitrusting te dra waarvoor ek nie self hoef te betaal het nie!” spot Vashti.

In 2021 wil Vashti fokus om meer tyd te spandeer aan die dinge wat haar hart warm laat.

View this post on Instagram

A post shared by V A S H T I P R I 'N S (@prinsvashti)

Vra maar enige vrou met krulhare, dis ’n alewige stryd om seker te maak dat jou krulle mooi gedefinieerd bly. En as dit jou kenmerkende look is, moet jy weet hóé om hulle te beheer. Gelukkig weet Vashti wat vir haar hare werk en het die fynere kuns van mooi krulle al goed bemeester.

FOTO Instagram / Vashti Prins

Vashti se 3 haarwenke:

1. Beperk hittestilering.

2. Jy het nie noodwendig duur haarprodukte vir jou krulle nodig nie.

3. Trek jou vingers versigtig deur jou hare en doen moeite om met jou vingers elke krul te definieer.

Moet-hê haarprodukte:

Denman Styling Brush (R149) By Dis-Chem
Shea Moisture Jamaican Black Castor Oil Strenghten & Grow Leave-In Conditioner (R270)
L’Oreal Paris Elvive Extraordinary Oil (R155)


FOTO Instagram / Vashti Prins

Vashti se grimeerwenke:

1. Gebruik ’n lipomlyner om jou lippe mooi te definieer. Dit laat jou lippe voller lyk en komplementeer jou lipvorm.

2. Wend so paar lae gitstwart maskara aan om jou oë mooi oop en groter te laat vertoon. Wend ’n natuurlike oogskadu op jou ooglede aan vir trefkrag.

3. Tik verligter in die binnehoeke van jou oë en onder jou wenkbroue vir ’n glansende voorkoms.

4. Wend sonskerm aan voordat jy jou basislaag aanwend sowel as wanneer jy klaar jou grimering verwyder het.

ONTHOU
“Moenie jou grimering verwyder met behulp van ’n gewone waslap nie. Dit versprei bakterië en is te hard vir jou vel. Gebruik eerder jou hande,” sê Vashti.

Moet-hê grimeerprodukte:

essence The Blush in Befitting (R58) Beskikbaar aanlyn by www.superbalist.com

MAC Hyper Real Glow Palette (R700) Beskikbaar aanlyn by www.maccosmetics.co.za