Dis die gewildste tyd van die jaar om te trou. Nou is die tyd om al daardie laaste reëlings uit te sorteer en op jóú voorkoms te fokus.
Buiten jou trourok, het jy al duidelikheid oor hoe jy wil hê jou hare gestileer moet word? Boonop moet jy ook dink oor hoe dit jou grimering en rok gaan komplementeer.
2019 is beslis die jaar van die haar met opwindende en unieke haarinspirasie wat die voortou neem. Gewaagde haarstyle met stylvolle haarbykomstighede was orals te sien. Dié jaar het ons geleer dat jy nie twee keer moet dink oor daardie kopband, pêrels of strik wat in jou kas lê nie. Tooi jou haarstyl daarmee op, dít sal die koppe laat draai.