Baie vroue is huiwerig om hul hare permanent te kleur omdat hulle bang is dat die chemiese kleurproses onherstelbare skade sal aanrig. Maar kies jy ’n salon wat professionele produkte van gehalte gebruik, hoef jy nie bekommerd te wees nie.
Om hare tegelyk te kleur én behandel is INOAR se unieke haarkleurformule verryk met arganolie in mikrokapsules. Soos wat die kleur aangewend word, bars die kapsules oop en penetreer hare om dit te herstel, intens te bevog en glans te gee, verduidelik Suzanne. Hierna kan jy jou nuutgekleurde hare versorg met tuisprodukte wat vog en voedingstowwe terugsit.
Essensiële vetsure in INOAR Argan Oil Treatment Oil (R560 vir 60 ml) werk uitstekend om hare te voed en vog in te seël. By uitsoeksalonne en www.inoar.co.za