Ons almal geniet die buitelug in die somer, maar onthou, eksterne faktore soos die son, humiditeit, wind, chloor- en soutwater kan jou hare se glans steel. Volg dié top-raad vir ’n mooi, gesonde kroon.
As jy van nature ’n krullerige haartekstuur het, weet jy hoe moeilik dit is om kroeserigheid in toom te hou wanneer jy vogtiger dele van ons land, soos die kusgebiede, besoek. “Hare wat droog en beskadig is, absorbeer makliker vog vanuit die lug, wat veroorsaak dat jou hare van binne ‘swel’ en pofferig en kroeserig lyk,” sê Karen Botha, bemarkingsbestuurder van INOAR in SA.