Sy benadering is eenvoudig: Hy kyk wie jy is (hart, siel, mens) en besluit dan wat vir jou gaan werk. Die resultaat? ’n Kapsel wat die koppe gaan laat draai en jou soos ’n splinternuwe mens laat voel.

In die VIA-leefstylprogram Red my hare, Junior! pas die gesogte en bekroonde haarkapper Charles Junior Louw dié benadering week ná week toe.

Die haarkapper Junior is reg om vir jóú ’n haartransformasie te gee! FOTO VIA

Hy glo dat elkeen ’n haarstyl moet hê wat by hul persoonlikheid en leefstyl pas. “Dis my raad aan vroue wat ’n makeover wil hê: Doen ’n makeover wat by jou persoonlikheid gaan pas,” verklap hy aan SARIE.com. “Maak ook seker dat jy dit in stand sal kan hou. Dis baie lekker om goed te lyk ná iemand jou hare gedoen het. Maar die toets daarna is of dit weer so gaan lyk as jy dit self aanpak. Onthou, jy dra die hare, die hare dra nie jóú nie.”

Een gelukkige leser staan die kans om ’n haartransformasie met Junior te wen – een wat jou perfek gaan pas! En boonop vind die bederfdag in die pragtige Kaap plaas.

FOTO Verskaf

Die transformasie, ter waarde van R43 000, sluit die volgende in:

Haarverlengings van Seamless1®?sa International (R15 594)

Dyson Supersonic-haardroër (R6 999)

– Junior se volkleur-oormaaksessie  (R6 500)

– Verblyf vir twee nagte by die VinBoHo-gastehuis in Kaapstad (R3 700)

Wella-haarsorgprodukte ter waarde van R1 500

– ’n Fotosessie met fotograaf SJ van Zyl ter waarde van R4 500

Hannon-velsorgprodukte ter waarde van R2 500

Inoar-haarsorgprodukte ter waarde van R1 280

– Botox ter waarde van R850

– Retoer-vliegtuigkaartjies (indien jy nie in die Kaapstad-omgewing woon nie)

Attractive stylish woman on the street looks strai
FOTO Getty Images / Gallo Images

Hoe werk die kompetisie?

Eenvoudig: Vul net die vorm hieronder in en beantwoord twee vrae. 

Wanneer sluit die kompetisie?

Die kompetisie sluit Dinsdag 30 Maart 2021 om 23:59. Die wenner sal Maandag 12 April 2021 aangekondig word.

Red my hare, Junior! word elke Dinsdag om 18:30 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai.