Hierdie artikel het oorspronklik in die Julie 2019-uitgawe verskyn:
Skoonheids- en mooimaaktendense kom en gaan. Van party vergeet ons genadiglik gou, maar ander – soos bloedrooi lippe, kat-oë, glansryke, golwende hare en onvergeetlike geure – het die toets van die tyd deurstaan.
Dink jy terug aan die ikoniese haarstyle van die afgelope sewe dekades, het die meeste een ding gemeen: hope volume! In die jare vyftig het vroue glansryke bouffant- en beehive-style (waar die hare by die kroon gepluiskam is vir hoogte) verkies as ’n simbool van vroulikheid.