Die RefectoCil Brow Laminationbehandeling (vanaf R400, by uitsoeksalonne) lig jou wenkbrouhaartjies opwaarts vir ’n voller voorkoms sonder die hulp van naalde of semi-permanente grimering.

’n Jel wat ’n chemiese reaksie veroorsaak, word aangewend om die proteïenverbindings van elke haar te versag sodat dit meer buigsaam is en makliker in ’n opwaartse rigting gekam kan word.

Jou wenkbroue word dan met deursigtige plastiek bedek om die jel te help inseël. Daarna set neutraliseerder die haartjies sodat dit mooi in plek bly. Vir nóg meer impak is my wenkbroue getint. Die behandeling duur sowat 45 minute en hou tussen vier en ses weke. Ná die behandeling kam ek soggens bloot my wenkbrouhaartjies met ’n deursigtige wenkbroujel netjies.