Om dié merkwaardige mylpaal te vier het die mode- en skoonheidshuis met ses inspirerende persoonlikhede wat ’n mate van bekendheid verwerf het gesels oor wat dit beteken om bekend te wees.

Die invloed van Chanel No. 5, nie net op parfuum nie, maar ook op kunstenaars, fotograwe, skrywers en regisseurs is onontkenbaar. Met hierdie video-reeks wil Chanel terugkyk op bekendheid en ’n gesprek oor hoe bekendheid oor die volgende 100 jaar gaan verander aanmoedig.

Hiér deel ons van die interessantste aanhalings vanuit die gesprekke …

Marion Cotillard, Franse aktrise en tans die gesig van Chanel No. 5

FOTO: Verskaf deur CHANEL

“Die beste tipe bekendheid is een wat die toets van tyd deurstaan. Dis gebaseer op skepping; die manier wat ons iets wat ons geskep het met die wêreld deel en so ook deel wie ons is as persoon.”

Graydon Carter, voormalige redakteur van die Amerikaanse tydskrif Vanity Fair

FOTO: Verskaf deur CHANEL

“Bekendheid het baie verander oor die laaste 100 jaar. Picasso en Coco Chanel se name was bekend in hul leeftyd en steeds vandag nog omdat hul nalatenskap selfs sonder hulle voortleef. Deesdae is bekendheid meer tydelik. Vandag sal seker minder as 100 mense wêreldwyd oor 50 jaar steeds onthou word.”

Marie-Agnès Gillot, Franse prima ballerina en choreograaf

FOTO: Verskaf deur CHANEL

“’n Ster brand nooit uit nie, want sy skep haar eie lig.”

Hung Huang, Chinese mediapersoonlikheid en kampvegter vir vroue

FOTO: Verskaf deur CHANEL

“Ons het meer vroulike bekendes nodig wat ten volle verstaan dat gewildheid en sosiale verantwoordelikheid loop hand aan hand.”

Lil Buck, danser en choreograaf wat die straatdansvorm genaamd Jookin’ gewild gemaak het

FOTO: Verskaf deur CHANEL

“Straatdans is kontemporêr en ’n vorm van kuns … Ek wou aan kinders wys dat dans iets is waarmee jy kan lewe; jy kan vir jouself geleenthede daarmee skep.”

Laurie Santos, sielkunde professor by Yale Universiteit in Connecticut, VSA

FOTO: Verskaf deur CHANEL

“Ek glo daar is ’n revolusie ten opsigte van bekendheid wat besig is om in ons hedendaagse kultuur pos te vat. Bekendes begin al hoe meer soos gewone mense voel, en alledaagse gewone mense word al meer bekend.”

Kliek hiér om elke persoon se interessante onderhoud te sien.