Ons vermoë om reuke te prosesseer skakel direk met twee gedeeltes in ons brein wat met emosies en geheue te doen het.
Geur kan jou selfvertroue, konsentrasie en selfs jou drome beïnvloed, sê die Johannesburgse parfuumkenner Liz Ferrett. “Sekere geure kan jou bui verbeter en selfs ’n effek op jou produktiwiteit hê.”
Vanweë ons breinanatomie is ons reuksin sterk met ons geheue verbind. Iets wat soos die see ruik, bring byvoorbeeld herinneringe uit ons kinderjare na vore.