Wintergeure is warm en sensueel. Dit moet verkieslik houkrag hê sodat dit langer op ons gunsteling trui, serp of jas nadat ons dit aangespuit het, kan draal.

Boonop kan jy nou aanlyn parfuum koop. Ten spyte van die streng regulasies van vlak vier-inperking is dit nou toelaatbaar om parfuum vir aflewering te bestel. 

Oorweeg een van dié onweerstaanbare geure:

1. Laventel vermeng met jasmyn en vanielje in Yves Saint Laurent Libre (R1 520 vir 50 ml EDP) is tegelyk vars en heerlik soet.

2. Dié glansryke goue bottel is gevul met die reuk van perske, jasmyn en sewejaartjie – Avon Maxima (R339 vir 50 ml EDP). Skakel 0860 102 345 of besoek my.avon.co.za

3. ’n Dieper geur vir die winter met lemoenbloeisel, klapper-ekstrak en houtnote - Dolce & Gabbana The Only One Intense (R2 335 vir 100 ml EDP)

4. Dié geur neem jou van dag tot aand met note van sitrus, pienk peper, vanielje en patsjoelie - Missguided Babe Night (R745 vir 80 ml EDP). By Foschini

5. Die ryk blomgeur Berdoues Collection Grands Crus Guaria Morada (R1 595 vir 100 ml EDP) is geïnspireer deur ’n tropiese blom van Costa Rica. By uitsoekwinkels van Foschini en Truworths

6. Die kombinasie van vier verskillende houtnote gee aan Hugo Boss Boss Alive (R1 890 vir 80 ml EDP) ’n warm, romerige eienskap.

7. Peer, katjiepiering en amandelhout is romanties in Flower by Kenzo Poppy Bouquet (R2 000 vir 100 ml EDP).

8. As jy ligter geure verkies is Coach Dreams (R1 505 vir 90 ml EDP) met vrugte, wit blomme en groen note vir jou.