Die nuutste geur van die wêreldwye leefstylhandelsmerk GUESS vier die onweerstaanbare persoonlikheid van die GUESS-vrou. Hierdie vrugtige blomgeur open met speelse en energieke note van vars Italiaanse suurlemoen, sappige swart bessies en donker kersies. Die sensuele kant van die GUESS-vrou kry uitdrukking in die fluweelagtige wit blomhart wat bestaan uit jasmyn, soetamaling en vanielje-orgidee. ’n Warm mengsel van amberhout, tonkaboon, pralien en sagte muskus skep ’n soet en onvergeetlike nageur.

Hierdie geur is vir die vrou wat die lewe vreesloos takel om haar unieke verhaal te skep, sê Christine Hassan en Valerie Garnuch-Mentzel, die parfumeurs van Drom Fragrances. “Ons het GUESS Bella Vita geskep as ’n eerbetoon aan al die vroue wat van hulself hou en in die krag van hul vroulikheid glo.”

Die ontwerp van die GUESS Bella Vita-verpakking is geïnspireer deur die tydlose mode-erfenis van die handelsmerk. Die bottel en die kartonhouer het die ikoniese GUESS-pinksterroosmedalje in die middel. Deursigtige glas onthul die warm, ryk kleur van die geur, terwyl die weelderige goue doppie ’n stylvolle detail toevoeg.

GUESS Bella Vita for Women kom in bottels van 30 ml, 50 ml en 100 ml. Dit is beskikbaar by vooraanstaande handelaars en aanlyn.