Gisteraand het Donnalee Roberts en Alicia Buckle op ons digitale rusbank gekuier en oor SARIE se 2020 wekroep, #JyIsGenoeg, gesels.
Die aktrise, rolprentvervaardiger en bekende SARIE-voorbladgesig Donnalee het gesels oor wat dit beteken om ’n #StroomopVrou te wees, en Alicia, ’n bekende grimeerkunstenaar, het gewys dat wat jy reeds in jou grimeersakkie het, oorgenoeg is.
Lesers het met ’n lekker beker koffie of glas wyn by dié inspirerende e-kuier ingeskakel en kon selfs deelneem aan die gesprek deur vrae vra.