Gesigmaskers in die openbaar is nou ’n bekende gesig. Trouens, dis eerder opvallend as iemand nié een dra nie.

Ongelukkig is maskers nie die gemaklikste bykomstigheid om te dra nie. Dit druk en irriteer jou vel, en veral dié wat met rekkies agter jou ore vasmaak, kan seer en ongemaklik raak.

Jou oplossing:

Allure berig oor ’n Amerikaanse haarstilis wat op sosiale media gewys het hoe jy ’n haarknippie kan inspan om dié probleem op te los. Dis prakties en lyk boonop mooi.

Beste van als? Haarknippies is modieus en al maande lank ’n gier, so hopelik het jy reeds ’n paar in jou laai!

FOTO Instagram / Olivia Smalley

Kyk net hier: