Kyk jy na die sosiale media is die nuutste moet-hê-bestanddeel vir ’n mooi vel kollageenpoeier. Talle bekendes en skoonheid-‘influencers’ drink nou dié aanvulling in hul koffie, tee, smoothies en selfs G&T. Maar maak dit werklik ’n verskil?
Kollageen is ’n jellieagtige proteïen wat natuurlik in jou bene, spiere en tendons, asook jou vel, hare en naels voorkom. In jou vel is dit deel van die bindweefsel wat dit plomp en jeugdig laat lyk. Dis noodsaaklik vir vel-elastisiteit en vir die vel om sy vorm en fermheid te behou.