Die aktrise Leandie du Randt het destyds ons harte met haar borrelende en spontane persoonlikheid gesteel. Maar nóú is dit anders.
By haar SARIE voorblad-fotosessie wat inderhaas net voor die amptelike inperking geskiet is, is dit duidelik dat Leandie verander het. Sy is nie meer bang om te wys dat sy óók ernstig is nie. Dat dit okei is om nie altyd met oorgawe hoef te glimlag nie. Sy is nou meer volwasse, sonder voorgee is sy gemaklik in haar eie vel en vier wie sy is.
En voor die kamera in pragtige skakerings van donkerblou met haar moderne skouerlengte bob, bewys sy dít.