Sommige vroue is onvergeetlik. Hul buitengewone karakter en die krag van hul oortuiging druk ’n stempel af op almal wat hulle ontmoet. In ’n wêreld waar uitspattigheid algemeen voorkom, laat die aantrekkingskrag van hul eenvoud en natuurlike elegansie hulle uitstaan bo die skare. Montblanc dra Signature, hul nuwe geur, aan hierdie vroue op.

Die Signature-vrou laat ’n unieke herinnering by die mense rondom haar omdat sy gekies het om die outeur van haar eie lewe te wees, en die spoor van haar parfuum pas by haar uitsonderlike karakter.

Vol kontras

Geskep deur die talentvolle parfumeurs Guillaume Flavigny en Natalie Gracia-Cetto, kontrasteer Signature sensuele vanielje met die ‘skoon’ eienskappe van muskus om ’n onweerstaanbare, sjiek en heerlike nageur te skep.

Hierdie muskusagtige Oosterse blomgeur verlei eers met sy helder aroma. Die vars ondertone van muskus vermeng met die geure van magnolia en word deur ’n tikkie nartjie afgerond.

Op die vel onthul die geur vinnig ’n meer geheimsinnige en boeiende kant met wulpse Oosterse vanielje en ’n betowerende magnolia en sonnige ilang-ilang-middelnote.

Amber en romerige bensoïen rond die sagte en sensuele kant van die parfuum af.

’n Kopknik na die geskiedenis van Montblanc

Die opaalagtige bottel is ’n huldeblyk aan die ikoniese inkpotjie. Die wit lak aan die binnekant bring sy glans na vore, terwyl die fasette van die bottel van kleur verander namate dit die daglig weerkaats.

Die goue besonderhede (wat herinner aan die ikoniese Meisterstück-penreeks van Montblanc) benadruk die bottel se elegansie. Net soos die pen se dop, word die bottel met die stervormige embleem versier. As jy elke dag ’n nuwe hoofstuk wil begin skryf, maak eenvoudig die bottel oop.

Die liggrys Saffiano-motief, wat sedert 1926 op Montblanc-skeppings gebruik word, is ook op die elegante verpakking afgedruk. Die naam van die parfuum verskyn in kalligrafiese letters, en herinner aan die krag van woorde. Dit beklemtoon dat elke skryfstyl so uniek soos die mens is.

Montblanc Signature is beskikbaar in 50ml- en 90ml-bottels by Foschini-winkels en aanlyn.