Met prins Harry en Meghan Markle se troudag wat vinnig nader kom, is alle oë op die toekomstige hertogin gerig. En lyk sy nie pragtig nie! Almal wil weet wat haar skoonheidsgeheime is. Gelukkig het sy al ’n hele paar verklap …

Prince Harry and Ms. Meghan Markle made their first official joint visit to Wales today. At Cardiff Castle they met hundreds of well-wishers and were able to experience the best of Welsh culture and sport.

A post shared by Kensington Palace (@kensingtonroyal) on

#1 Vir haar jeugdige vel

In ’n onderhoud met die aanlyn skoonheidswinkel Birchbox het die 36-jarige Meghan onthul dis nie soseer ’n wonderserum of -vogroom wat haar gesig jeugdig hou nie, maar eerder ’n unieke “inwendige gesigbehandeling” waar die binnekant van jou mond en tong gemasseer word vir ’n fermer gesig. “Jy voel dalk simpel terwyl jy dit doen, maar dit werk,” het sy tydens die onderhoud gesê.

#2 Oor grimering

Min Min Ma, ’n New Yorkse grimeerkunstenaar wat al Meghan se grimering gedoen het, vertel sy gebruik ’n deursigtige onderlaag op Meghan se vel sodat haar sproete kan deurskyn en net ’n bietjie verbloemer onder haar oë. Vir haar oë verkies sy ’n rokerige voorkoms met aardse brons skakerings, en vir haar lippe ’n neutrale kleur met ’n pienk ondertoon.

#3 Om gesond te bly

Meghan weet skoonheid kom ook van binne en doen graag joga om sterk te bly. Maar sy glo ook in die voordele om soms net te lê en niks te doen nie! “Soms kyk ek programme op TV wat nie veel breinkrag verg nie, terwyl ek met my honde opgekrul lê en ’n glas wyn drink,” het sy aan Women’s Health gesê.

#4 Sy drink graag …

Baie water, groensap en gesonde smoothies.

#5 Haar goedkoop produk vir ’n sagte lyf?

Haar staatmaker-lyfroom is nie luuks nie, maar ’n baie bekende een wat boonop baie bekostigbaar is. Meghan het in ’n onderhoud met die Amerikaanse skoonheidsblog Beauty Banter onthul sy is mal oor Nivea se Skin Firming Hydration Body Lotion. “Ek gebruik dit slaafs,” het sy gesê.

So mooi soos Meghan met dié produkte:

1. NYX Ultimate Shadow Palette in Warm Neutrals (R380)

2. Maybelline Vivid Hot Lacquer in Tease (R150)

3. Nivea Skin Firming Hydration Body Lotion (R89,95)

Bronne:www.eonline.com, www.birchbox.com, www.beautybanter.com