Mooimaak se Clare: Moenie jouself laat gaan nie

Deur Suanné Mulder
25 Januarie 2021
FOTO Instagram / Clare Wiese-Wentzel.
“Doen die beste wat jy kan. Sit grimering aan, al voel jy sleg. Trek vir jou mooi aan, al voel jy oorgewig.”

Die TV-aanbieder en sakevrou Clare Wiese-Wentzel het ’n uitstekende oog vir detail en ’n kop vir besigheid. Boonop sien kykers weekliks haar mooi hart op haar mooimaak-program raak.

In die derde seisoen van die kykNET-reeks Mooimaak met Clare Wiese-Wentzel, is dit duidelik dat dit nie net oor die uiterlike gaan nie, maar ook oor die deelnemers se geestesgesondheid en algehele welstand. ’n Reis na selfontdekking.

“Ek is mal daaroor om by ons kandidate se huise te gaan kuier. Dis so ’n voorreg dat hulle ons in hulle private spasie toelaat - dit gee mens regtig ’n gevoel van hulle omstandighede en details van hulle daaglikse lewe. Dit help ons om hopelik wesenlike verskille aan te bring met betrekking tot hulle lewenskwaliteit.”

FOTO Instagram / Clare Wiese-Wentzel

Dié regsgeleerde het ’n ware kenner ten opsigte van skoonheid, mode en welwees geword. Daarom wou ons graag by haar hoor as sy enige bekende ’n mooimaak-makeover sou kon gee, wie sou dit wees?

“Nou sit julle my op die spot! Kate Middleton - ek dink sy trek baie konserwatief aan. Sy kan nogsteeds smaakvol en royal lyk, maar ’n bietjie meer modieus en jonk vertoon. Ek sou dit love om haar ’n makeover te gee. Sy het ’n pragtige gesig en lyf en kort net ’n bietjie van ’n edge!”

Ongeag die struikelblokke wat die streng regulasies van die Covid-19-pandemie vir Clare en haar Mooimaak-span ingehou het, het hulle vinnig geleer hoe om daarmee saam te werk en het dit nie hulle passie om hierdie projek suksesvol af te handel, geblus nie. 

FOTO Instagram / Clare Wiese-Wentzel
FOTO Instagram / Clare Wiese-Wentzel

En as sy nou aan 2020 dink en wat dit haar geleer het? “Dat mens eenvoudig nooit weet wat die toekoms inhou nie en dat niks permanent of gewaarborg is nie. Wie sou ooit kon dink dat ons in ’n tyd sou woon wat kerke sou sluit en mense nie by hulle huise mag uitgaan nie?”

2020 het vir ons kom wys hoe vinnig alles handomkeer kan verander. Dié jaar tel sy doelbewus haar seëninge. “Ek maak ’n punt daarvan om elke aand voordat ek gaan slaap vyf dinge te lys waarvoor ek innig dankbaar is - klein en groot.”

FOTO Instagram / Clare Wiese-Wentzel

Vir haar is dit ook baie belangrik om rigting te hê. Sy glo dat sy doelwitte nodig het. “Sodra ek oor een heuweltjie is, soek ek die volgende een om uit te klim. Mens moet aanhou groei en nooit stagneer nie.”

Clare vertel dat sy baie graag met haar eie YouTube-kanaal wil begin. “Ek is nog besig om die content te beplan en moet dan net begin!”

Haar sakemagnaat-pa, Christo Wiese, het haar juis geleer watter gewig die woord “werk” dra. “Jy kan niks bereik sonder harde werk nie, daar is geen quick fix of vinnige pad tot sukses nie. Daar is geen geheim nie - dit verg werk.”

Clare oor mooimaak

Less is more

Ons wil graag hê jy moet langer kuier.

Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.

KIES JOU PAKKET
NUUSBRIEF

Teken nou in op ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

TEKEN IN
Julie/Augustus 2021 Jongste Uitgawe

Teken in op Netwerk24 en kry hier al jou gunstelingtydskrifte en –koerante, alles op een plek.

TEKEN IN
Slanker met SARIE
Die gesonde eet- en oefenplan, ontwerp deur kenners om jou lyf in haar beste toestand nog te kry.
SKRYF IN