Waarna soek jy in ’n geur? Stel jou ’n vars nuwe geur voor wat gekenmerk word deur kragtige oosterse blomgeure met ’n tikkie vreugde, humor en ’n verleidelike streep. Dít alles in een parfuum!

Waaghalsig, prettig en glansryk - dit is die perfekte kombinasie! Ons stel bekend die nuwe vroulike geur deur Jimmy Choo: I Want Choo. Dis ’n ode aan die speelse gees en selfvertoue wat die Jimmy Choo-vrou uitstraal.

Jimmy Choo is ’n meester op die gebied van ontwerp en luukse bykomstighede. Dis ’n handelsmerk wat aandag trek deur modieuse elemente met tydlose elegansie te kombineer. Daarom is Jimmy Choo-geure sinoniem met weelde. I want Choo sal op almal se lippe wees.

Meer oor die geur

Die geur word gekenmerk deur drie fasette. 

Opwinding en afwagting: Die botone is vonkelende sitrusgeure van mandaryn wat kontrasteer met die sagte fluweelagtige perske-nuanses.

’n Aandjie uit: Rooispinnekoplelie is ’n fassinerende, amper hipnotiese blom. Die vanielje-agtige ondertone smelt saam met die sensuele geure van jasmyn om ’n vasberade en waaghalsige bekoring te toon.

Dans tot laat in die nag: Die basisondertone van vanielje en bensoïen, ’n duo wat ryk is intense geure, anker die geur in ’n diep, maar vreugdevolle manier, en laat ’n intense geurspoor agter.

’n Bottel wat die oog vang

Net soos enige ander Jimmy Choo-produk, is die bottel uiters begeerlik. Die doppie is goudkleurig en het ’n hammervormige ontwerp en die kosbare JC-voorletters is op die bottel aangebring. Die voorkoms word verder afgerond deur die sagte uiters vroulike perske-kleur van die parfuum. Die metaalboksie kombineer skoonheid en mode op ’n verrassende en aantreklike manier. Dis iets wat die koppe sal laat draai. Die metaal sal uitstaan op die rak en vang die gees vas van Jimmy Choo.

I Want Choo is ’n moet-hê-geur vir enige parfuumliefhebber se versameling – veral as jy kans sien vir ’n opwindende nuwe begin.

Beskikbaar by alle groot winkels en aanlyn.