Lipvullers is gemoderniseer om ’n voller, plomper lipvoorkoms te skep wat steeds natuurlik lyk. Volgens dr. Tim Christofides, plastiese chirurg van Johannesburg, is ons lippe die hooffokuspunt van ons gesig. “Ons lippe is grotendeels vir ons gesigsuitdrukkings verantwoordelik en die perfekte lippe gee ons selfvertroue ’n hupstoot.”

Wonderful looking woman taking a selfie and kissin
FOTO Getty Images / Gallo Images

Hoe werk dit?

Met die konsultasie word die spesifieke liparea wat volume verloor het óf moontlik veroudering wys, geëvalueer. ’n Verdowingsmiddel word aangesmeer of ingespuit. Daarna word die gekose vuller stadig by wyse van veelvuldige klein inspuitings toegedien. Die hele prosedure neem ongeveer 30 minute en die resultate is dadelik sigbaar.

FOTO Getty Images / Gallo Images

Watter tipe vuller word gebruik?

Hialuronsuur as vuller is gewild, dit kom natuurlik in jou liggaam voor en jou velselle vervaardig dit self. Dit hou so 6 maande tot 1 jaar, sê dr. Christofides. Vet kan ook gebruik word as ’n meer permanente opsie.

WENK
“Jou lippe moet as deel van jou gesig geassesseer word. As jy dit oorweeg om aan jou lippe te verander, moet jy besef dat dit ’n impak op jou algehele voorkoms sal hê. ’n Voller voorkoms komplementeer nie noodwendig almal nie,” waarsku dr. Christofides.

Watter verskil maak dit?

“Die jonger mark wil graag hul lippe effe opplomp vir meer definisie en om meer aantreklik te lyk. Die ouer mark wil verlore volume herstel,” verduidelik dr. Christofides. Lipvullers help om struktuur aan jou lippe te gee en jou lipvorm te definieer.

 

via GIPHY