Die Franse mode-en-skoonheidshuis Dior het pas ’n nuwe parfuum bekend gestel - die eerste in 20 jaar! Die parfuum, Joy, gee die gevoel van innerlike vreugde weer in ’n geur. Die parfumeur, die befaamde François Demachy, wou blydskap, genot en ekstase in ’n bottel vasvang. 

FOTO: Instagram/@dior
FOTO: Instagram/@dior
View this post on Instagram

JOY BY DIOR, THE NEW FRAGRANCE PART I - Discover an exclusive #interview between the movie director Francis Lawrence and his muse #JenniferLawrence #TheJoyofDior #JoybyDior

A post shared by Dior Official (@dior) on

Die note is hoofsaaklik blomme en sitrusvrugte. Spuit jy dit aan, ruik jy eerste sitroengras en geel nartjie, met roos en jasmyn wat bykom om dié vrugtegeure te komplementeer. Die basis is warm en romerige sandelhout, sederhout en patsjoelie, met muskus wat ’n sensuele afronding skep. 

FOTO: Instagram/@dior

Die aktrise Jennifer Lawrence is die gesig van Joy. Volgens Dior is sy gekies omdat sy ’n natuurlike skoonheid is met ’n sensuele vroulikheid. Sy is eg en haar persoonlikheid sal die parfuum lewe gee.

FOTO: Instagram/@dior

“Dit is ’n parfuum wat jy kan voel en nie kan verduidelik nie.” - Parfumeur, François Demachy

Kyk net die mooi advertensie vir die nuwe geur:

Dior Joy by Dior (R2 275 vir 90 ml EDP)