1. WENKBROUPOTLOOD

Dit werk goed om wenkbroue wat aan die yler kant is, liggies in te vul, sê Suna. “Jy het baie meer beheer. Jy kan waar die wenkbrou begin fyn haarstrepies teken en dit van die boog af meer solied inkleur.”

2 WENKBROUJEL OF -MASKARA

Kies ’n deursigtige jel om jou haartjies in ’n netjiese vorm te kam indien jy voller wenkbroue het. As jy meer kleur en definisie soek, gebruik ’n wenkbroumaskara, sê Suna Robberts, grimeerkunstenaar en modestilis van Johannesburg.

3 WENKBROUPOEIER

Gebruik wenkbroupoeier en ’n dun, hoekige grimeerborseltjie om yl dele mooi in te vul met definitiewe strepies wat nes wenkbrouhaartjies lyk. “Ek gebruik dikwels twee kleure – ’n ligte kleur aan die binnekant waar jou wenkbrou begin en ’n donkerder kleur aan die buitekant om ’n ombré wenkbrou te skep.”