As jy eers jou middeljare haal, kan dit voel of velveroudering onvermydelik is. Maar dit hoef nie so te wees nie! Jy kan óók bo 50 straal.
Vind ’n balans tussen aktiewe produkte en behandelings wat jou velprosesse ’n hupstoot gee, en produkte wat streel en troetel wanneer jou vel sensitief, geïrriteerd en droog voel.